Welkom by Egafrikaans!

…………

Om ‘n hulpnavraag te plaas, klik net op

Hulp

Moenie op die blok met die woord
Hulpnavrae Forum
druk nie. Gebruik die Hulp hierbo.

…………

‘n Multi-miljoenêr verjaar en besluit om ‘n buitelug-partytjie langs sy privaat krokkedildam te gooi. Later die aand toe almal lekker getrek is, kondig hy aan dat hy ‘n duisend rand sal gee aan enigeen wat met die krokkedil in sy dam sal stoei.

Sy woorde was skaars koud toe is Koos in die dam en jy sien net water spat soos hy en die krokkedil te kere gaan! Nie lank nie en Koos klim uit die dam, bebloed en safaripak aan flarde – maar die krokkedil dryf witpens bo op die water.

Die verbaasde miljoener sê toe: “’n Belofte is ‘n belofte, Koos, hier’s jou duisend rand.”

Koos, briesend: “Ek soek nie jou geld nie, ek soek net die vent wat my in die dam gestamp het!!”

Hierdie gedeelte hierbo gaan weekliks verander. Om die
nuutste te sien is dit belangrik om F5 op jou sleutelbord te druk.

……………

Indien jy hierdie blad met jou selfoon besoek, druk
op die drie strepies hierbo om die afdelings te sien.
Dis die drie strepies in die blou band.

……………

Ons by Egafrikaans stuur weekliks verskeie e-posse uit.
Klik net op die woord om ‘n voorbeeld te sien.
Die Gebedsaksie en Doudruppel word elke weeksdag uitgestuur.

Gebedsaksie

Doudruppel en Wysheid 

Hulpnavrae – Elke Woensdagaand. 

Ons gewilde Geselsbrief – Elke Dinsdag. 

Hier regs bo kan jy inteken vir enige van die bogenoemde e-posse

…………….

WAT VAN ‘n WINSKOOP: Ons by Egafrikaans het ‘n klompie
battery aangedrewe 
rolstoele aangekoop en stel dit
teen ‘n bekostigbare prys beskikbaar.  Vir meer inligting,

gaan kuier by www.egafrikaans.co.za/rolstoel.htm

………………..

Geniet die blad en laat gerus van jou hoor by D@nie.co.za
(En daardie adres bestaan sowaar as wat parra manel dra)